Chris en Gerhard verduidelik waarom Bontera nie biologie as ’n kitsoplossing sien nie, maar as deel van ’n langtermyn grond- en insetbestuurstrategie.
Ons praat oor duur kunsmis, voedingstofverliese, wortelontwikkeling, grondbiologie, Bontera Impact, mikrobiese diversiteit en die tegnologie waarmee mikro-organismes beskerm en gekonsentreer word.
#Bontera #Grondgesondheid #FarmSpace #OnsPraatBoer
- 00:00 – Hoe werk Bontera se biologiese benadering?
- 01:02 – Boerdery gaan oor risikobestuur
- 01:34 – Hoë kunsmispryse en insetkoste
- 02:03 – Kry meer waarde uit elke kilogram kunsmis
- 02:53 – Hoe beskerm jy voedingstowwe in die grond?
- 03:18 – Impact en die wortelsone
- 04:17 – Plantstres, wortels en voedingstofopname
- 05:19 – Bou ’n sterker plant vroeg in die seisoen
- 06:04 – Jou grond is iets waaroor jy beheer het
- 07:10 – Kunsmis is nie jou plant se hoofvoedsel nie
- 09:22 – Waarom ons steeds kunsmis nodig het
- 10:32 – Koolstof, stikstof en langtermyn grondgesondheid
- 11:00 – Biologie is nie ’n “silver bullet” nie
- 11:48 – Wat doen Bontera Impact?
- 12:37 – Die biologiese kapasiteit van jou grond
- 13:49 – Hoe werk die Bontera-pakkie?
- 14:38 – Impact as katalisator vir grondbiologie
- 15:35 – Hoekom so ’n klein pakkie so ver kan gaan
- 16:46 – Wanneer biologiese produkte in die praktyk werk
- 18:10 – Van chemie na biologie: Chris se ervaring
- 19:31 – Die uitdaging: laat biologie op die plaas werk
- 20:23 – Mikrobiese enkapsulering verduidelik
- 21:18 – Van die laboratorium na die wortelsone
- 22:16 – Klein pakkie, groot beginsel